Bloedige Sondag in Vilnius

Bloedige Sondag
of
Gebeure van Januarie 1991
Litaus: Sausio įvykiai
Deel van die Koue Oorlog, die Singende Rewolusie
en die Versplintering van die Sowjetunie

'n Betoger wys die Litause vlag
Datum 11 tot 13 Januarie 1991
Ligging Vilnius, Litaue
Resultaat Onttrekking van Sowjet-magte
Strydende partye
Vlag van Litaue Litaue Vlag van Sowjetunie Sowjetunie

Nasionale Reddingskomitee van die Litause SSR

Ongevalle
13 burgerlikes gedood in aksie
1 burgerlike dood ná 'n hartaanval
1 000 gewondes
1 soldaat dood deur vriendelike vuur

Die term Bloedige Sondag verwys na die gebeure op 13 Januarie 1991 in Vilnius toe veertien mense tydens betogings vir die vryheid en onafhanklikheid van Litaue (wat destyds nog 'n Sowjet-republiek was) dood en meer as 1 000 beseer is. Die slagoffers is doodgeskiet of deur Sowjet-Russiese tenks platgery. Een Sowjet-soldaat is per ongeluk noodlottig getref deur vriendelike vuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search